‘n Strategie vir Manne om Versoeking te Oorwin

R87.00

Jy is nie alleen in die stryd teen versoeking nie.

Ons samelewing is behep met seks en bombardeer ons voortdurend met pornografie en seksueel eksplisiete voorstellings. Die gevolge hiervan is dalende morele standaarde, verslawing aan seks, egbreuk en egskeiding wat die hoogte in skiet. Jy hoef egter nie ‘n slagoffer van die vyand se taktiek te wees nie. In hierdie ses-weke studie sal jy leer dat God alles voorsien het om ons in staat te stel om versoeking te weerstaan. Deur die voorbeelde van manne in die Bybel – sommige wat aan sonde toegegee het sowel as ander wat vasgestaan het – sal jy hulp vind wat jou in staat sal stel om jou hart en gedagtes te beskerm sodat jy rein en sonder gebrek voor God kan staan.

6 Lesse

 

Image thumbnail of Look Inside download

94 in stock

Description

Daar is geen beter manier om God te leer ken as om jouself in sy Woord te verdiep nie. Hierdie kragtige hulpmiddels sal jou help om die magtigheid van die Skrif te ontsluit.  Neem ander met jou saam om die rykdom van die volle raad van God te ontdek – boek vir boek, hoofstuk vir hoofstuk, vers vir vers. Daar is geen beter manier om God te leer ken as om sy Woord biddend, induktief te bestudeer nie.

Additional information

Weight 175 g