fbpx

Wend Jou Hart tot God

R150.00

In die Bergpredikasie het Jesus sekere gesindhede geïdentifiseer wat God se guns meebring: om te treur oor sonde, sagmoedig te wees, barmhartigheid te betoon, die vrede te bewaar, en so meer. Sommige van hierdie frases het so bekend geword dat ons hul ware betekenis uit die oog verloor het. In hierdie kragtige studie sal jy ’n vars begrip verkry van wat dit beteken om jou lewe in ooreenstemming met God se prioriteite te bring. Hier sal jy opnuut ontdek waarom “salig” of “geseënd” beteken om in die volheid en vergnoegdheid van God te wandel, ongeag jou omstandighede. Indien jy die betekenis agter elke saligspreking deeglik bestudeer, sal jy agterkom hoe hierdie waarhede elke dag jou keuses kan vorm — en jou nader aan die hart van God kan bring.

6 Lesse

 

Image thumbnail of Look Inside download

Description

Daar is geen beter manier om God te leer ken as om jouself in sy Woord te verdiep nie. Hierdie kragtige hulpmiddels sal jou help om die magtigheid van die Skrif te ontsluit.  Neem ander met jou saam om die rykdom van die volle raad van God te ontdek – boek vir boek, hoofstuk vir hoofstuk, vers vir vers. Daar is geen beter manier om God te leer ken as om sy Woord biddend, induktief te bestudeer nie.

Additional information

Weight 165 g