fbpx

Die Heilige Gees Vrygestel in Jou

R140.00

Krag vir die Lewe. Weet jy wat dit beteken om “te wandel deur die Gees”? Is jou lewe vervul met die krag om te dien? Wonder jy of die Heilige Gees net aan sekere gelowiges gegee word – en of dit hoegenaamd in jou lewe aktief is? Nou kan jy eerstehands uitvind wie die Heilige Gees is, aan wie Hy as gawe gegee word en hoe Hy sy verstommende funksie vervul. Die boek Handelinge is ’n goudmyn van onmeetbare waarhede omtrent die lewe en hoe om te wandel deur die Gees. Ontdek self die dinamiese werking van God se Gees in die lewens van die eerste gelowiges – en in die lewens van gelowiges vandag. Ervaar krag in jou daaglikse lewe – die Heilige Gees vrygestel in jou!

13 Lesse

 

Image thumbnail of Look Inside download

Description

Jy verlang om jou in God se Woord te verdiep, maar jou besige leefstyl vereis ’n spesiale studie-bron om dit vir jou moontlik te maak, nie waar nie? Hierdie opwindende Nuwe Induktiewe Studie Reeks is nét vir jou geskep. God se voorskrifte, beloftes en oogmerke word in elke kort les verduidelik terwyl sy waarhede voor jou ontvou en in jou lewe vorm aanneem. Ideaal vir persoonlike studie, kleingroepe, Sondagskoolklasse en huisgodsdiens, neem hierdie reeks jou van meet af aan op ’n reis van vervulling.

Additional information

Weight 170 g