1 Timótheüs – Die Gemeente, Die Pilaar en Grondslag van die Waarheid
R190.00
Dertig jaar se arbeid vir die evangelie het Paulus sy tol geëis. Sy liggaam het die handelsmerke van ‘n dienskneg van Jesus Christus. Die intensiteit van sy lyding het egter nooit die intensiteit van sy liefde en besorgdheid oor die kerke, wat in sy hart was, verander nie.
Een van hierdie kerke was Efese. Timoteus, sy getroue dissipel, was besig om daardie strategies belangrike kerk te bedien. Paulus was moontlik bekommerd oor die feit dat hy vertraag kon word en dat Timoteus iets skriftelik nodig sou hê om aan ander voor te hou as ‘n ewige herinnering, en hy het ‘n veerpen en ink geneem, die perkament uitgesprei en sy eerste brief aan sy seun in die geloof geskryf. Hierdie brief sou ‘n nalatenskap vir die kerk word, wat sowel gesonde leer (waarheid) asook gesonde dissipline (regte gedrag) definieer.
6 Lesse
Jy moet n geregistreerde leier wees as jy 3 of meer van hierdie studie wil bestel.
