Jesus : Luister na Sy Stem (Markus 7-13)

R78.00

Jesus het woorde van lewe en waarheid.

Hoe goed luister jy? Om werklik te luister, beteken nie bloot om die woorde van Jesus te hoor nie – dit verg geloof wat oorgaan in aktiewe oorgawe en toewyding. Dwarsdeur sy aardse bediening het Jesus met mense uit alle vlakke van die samelewing verkeer. In elke geval kon daardie individue kies om sy woorde te glo en die skat van geloof te ontvang – of om die waarheid te weerstaan en alles wat werklik saak maak mis te loop. Vandag het ook jy dieselfde keuse. In die tweede gedeelte van die driedelige studie van die evangelie van Markus, kan jy Jesus se woorde in Markus 7-13 lees. As jy jouself in ooreenstemming bring met die Een wat die Waarheid en die Lewe is, sal jy die vryheid ervaar wat volg wanneer jy werklik luister na, en die stem van die Verlosser volg.

6 Lesse

 

Image thumbnail of Look Inside download

Description

Daar is geen beter manier om God te leer ken as om jouself in sy Woord te verdiep nie. Hierdie kragtige hulpmiddels sal jou help om die magtigheid van die Skrif te ontsluit.  Neem ander met jou saam om die rykdom van die volle raad van God te ontdek – boek vir boek, hoofstuk vir hoofstuk, vers vir vers. Daar is geen beter manier om God te leer ken as om sy Woord biddend, induktief te bestudeer nie.

Additional information

Weight 175 g